Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Luister

Drama | 2017

Luister is die verhaal van ’n pianis. Dit beeld die daaglikse roetine van ’n meisie se lewe binne die mure van die Konservatorium uit. Ons volg haar deur eensame dae in vaal oefenkamers sonder iemand om die stilte mee te deel. Maar tydens haar middernagtelike oefensessies ontmoet sy ’n pianis wat haar met tokkelende akkoorde laat wegbreek – weg van die teorie en die roetines en terug na die spontane eenvoud van musiek. Luister is eenvoudig in aanslag en hoewel daar pianiste in is, gaan dit nie oor die klavier of die liefde nie. Dit is ’n herondekking van ’n stem deur die krag van musiek wat openbaar word in ‘n besonderse universele taal.

Rolverdeling: Cate Venter, Emma van Heyn, Jacobus De Jager
Regisseur: Stian Bam
Draaiboek: Carla Smith
Vervaardiger: Shirley Crawford