ADAM HEYNS

Gerrie

Hy is gewoonlik die laaste ou om iets te sê, omdat hy gewoonlik die objektiewe een wil wees. As hy maar net op ’n aand soos vanaand na se eie slimgeid wou luister. Sy saggeaardheid kry gewoonlik die beter van hom in sy stilswyende soeke na liefde. Dié dat hy die logiese een geword het – die teleurstellings moes hy op een of ander manier rasionaliseer. Almal wil verlief raak by aangeleenthede soos hierdie. Behalwe hy en Lukas. Of, solank dit nie langer as die aand hou nie.