ANSU VISSER

Elsa

Vir haar voel alles perfek, wel amper – dis vir ’n slag Gerrie se beurt om uit sy dop te klim. Sy’t nou al genoeg duidelik gemaak hoe sy voel. Oor die groot dag is sy omtrent meer opgewonde as Bruid, en – wonder bo wonder – werk dinge dalk uiteindelik vir haar ook uit. Haar naïwiteit spruit eintlik uit ’n tekort aan ervaring – maar wie wil nou ontnugter word op so ’n mooi dag?