DANNY ROSS

Emmie

Danny Ross is ’n Suid-Afrikaanse akteur, model en stemkunstenaar wat bekendheid verwerf het nadat hy derde geëindig het in die SABC 1-realiteitsprogram, Class Act, in 2010. Daarna het hy die hoofrol losgeslaan as Jason Prince, ’n perlemoensmokkelaar wat Karen se lewe red en sodoende ’n spesiale band met haar vorm, in die SABC 2-dramareeks, Swartwater.

Hoogtepunte van sy loopbaan sluit in rolle in die fliek Death Race 3 vir Universal Pictures, die SABC 2-sepie 7de Laan, die SABC 1-drama Tempy Pushas en ’n gereelde rol in die kykNET-sepie Binnelanders. He is benoem as Beste Akteur vir sy deelname aan die 48 Hour-rolprentprojek in Johannesburg.

Danny het ook al verskeie televisieadvertensies, korporatiewe werk en radio-dramas gedoen.

In 2015 het hy ’n hoofrol losgeslaan in die kykNET-sepie, Suidooster, wat in die Kaap afspeel en is ook onlangs teenoor Ethan Hawke gesien in die speelfilm, 24 Hours to Live, asook in die eTV-sepie, Broken Vows, as Brandon wat aan Dissosiatiewe Identiteitsstoornis ly.

’n Bietjie meer oor sy karakter:

Emmie is die eksentrieke, sadistiese en onvoorspelbare geldskieter wat ’n onmiddellike bedreiging is vir Randal en Pam. Hy leen vir Randal geld, maar wanneer die transaksie skeefloop en Randal alles verloor, vat Emmie dit glad nie goed nie.