DAVID MANUEL

Lawyer

Gugulethu-akteur, David Manuel, was onlangs op die grootskerm te sien in die suksesvolle plaaslike lokettreffer, Noem My Skollie.

David, wat self in Pollsmoor-gevangenis was, speel die bendeleier, Gums, en volgens berigte vertolk hy sy rol skrikwekkend goed. Die rol het aan hom die toekenning besorg vir Beste Akteur in ’n Ondersteunende Rol by die Afrika-rolprentfees (TAFF) in 2017 wat in Dallas, Texas, gehou is.

David was ook betrokke by die projek, The Outsiders, waar baie gevangenis die geleentheid gekry het om hulle stories te vertel op die verhoog by die Artscape Theatre in 2014. Hy was, regdeur sy lewe, gereeld in en uit die tronk en was op parool toe Noem My Skollie verfilm is.

’n Bietjie meer oor sy karakter:

Lawyer is die berekende en genadelose dwelm- en wapensmokkelaar in die fiksionele New Haven, wat gereeld die inwoners van Haven Mansions, waar Randal woon, terroriseer. Wanneer Randal deur sy verkyker sien hoe hy en sy manne ’n moord pleeg, bevind Lawyer homself in die middel van ’n afpersingskomplot en begin hy self ondersoek instel om die skuldige party op te spoor.