DIAAN LAWRENSON

Jo

Jo, vertolk deur Diaan Lawrenson, is ’n modeontwerper wat probeer naam maak vir haarself in Londen. Sy droom groot en hierdie ambisieuse suster dra altyd die nuutste modes. Die beroepsvrou Jo wil alles beheer en het altyd ’n plan B, C, D en E. As dinge moeilik raak, sal sy vinnig ’n plan beraam om daar uit te kom, al behels dit iets “stout”!