DRIKUS VOLSCHENK

Gideon De La Rey

Drikus Volschenk is ’n Suid-Afrikaanse akteur mees bekend vir sy rol as Coen in kykNET se Binneland. Hy het van AFDA gegradueer met ’n nominasie vir Beste Akteur, ’n toekenning vir Beste Kort Film en ook vir sy vertolking in professionele produksies vir televisie en verhoog. Hy begin in Augustus 2005 sy vryskutloopbaan en het sedertdien verskyn in verskeie televisieproduksies, insluitend Isidingo, Amalia, Binnelanders, Dit wat stom is, Askies, When we were black, Begeertes, City Ses’la, Villa Rosa, Generations, The Lab, Jozi-H, Hard Copy, Scandal, Erfsondes, Egoli, 7de Laan, Riemvasmaak, Interrogation Room, 90 Plein Street, Pandjieswinkel-stories, Task Force, Skeem Saam, Swartwater en Rockville. Hy het ook rolle vertolk in die vollengte films, Skin (met Sophie Okonedo) en Long Walk to Freedom (met Idris Alba). Ander filmkrediete sluit in die bekroonde Skoonheid’/‘Beauty (Cannes Filmfees en Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2012 Oscar-toekennings), Durban Poison (2013 Wenner – Durban Internasionale Filmfees), Ballade vir ’n Enkeling, Treurgrond, Dis Ek, Anna (2015 Wenner – ses Saftas), Vir die Voëls, Deon Meyer se Jagveld , die internasionale reeks, Madiba en Batman vs Superman – Dawn of Justice.  In 2017 het Drikus verfilm aan die derde deel van 20th Century Fox se Amerikaanse treffer, Maze Runner: Death Cure, die Suid-Afrikaanse film Meerkat Maantuig, SABC3 se Bedford Wives en Deon Opperman se Hartstog, ’n film oor Chris Barnard en die eerste hartoorplanting.

KYK DIE KARAKTER VIDEO HIER: