EDWIN VAN DER WALT

Pieter

Hy’s die gelukkigste man op aarde, of so oortuig hy homself. Die stemmetjie wat skreeu vir avontuur het hy lank reeds versmoor. Sy ouers laat nie sulke dinge toe nie. En nou hy ook nie. Hy trou op die regte tyd en die regte plek – behalwe vir die tannies wat verdwaal, het alles uitgewerk soos dit moet. Soos nog altyd. Behalwe vanaand. As jy die verantwoordelike tipe is, is teëspoed ’n vreemde nuwe vyand. En as jy besef wat jy gemis het, byt jy dalk te veel af.