ELTON LANDREW

Pastoor White

Elton is ’n Suid-Afrikaanse akteur wat in Nababeep-Namakwaland gebore is. Hy is bekend vir sy rolle in die David Kramer/Taliep Pietersen-musiekblyspele, District Six en Kat and the Kings.

Tussen 2006 en 2008 het hy in die volgende televisieprogramme gespeel: Egoli, 7de Laan, Dryfsand, Scandal, Zero Tolerance en House of Love. Hy het die hoofrol (Oom Billy) gespeel in die mini-dramareeks, Once Upon a Krismas.

Elton was ook in die fliek, Forgiveness (met Arnold Vosloo) en is ’n bekende verhoogakteur, plaaslik en oorsee. Hy het baie goeie resensies gekry vir sy rolle by die Market Theatre in produksies soos, Black Dogz en Amen Corner. Die akteur het ook in die volgende flieks gespeel: Forgiveness (2004), Stuur Groete aan Mannetjies Roux (2013), en Dis ek, Anna (2015).

’n Bietjie meer oor sy karakter:

Pastoor White is die vriendelike plaaslike pastoor en Randal se gewete wat homself altyd oor ander mense se probleme bekommer. Terwyl hy baklei om die deure van sy kerk oop te hou en te probeer keer dat Randal alle geloof verloor, beland hy in die middel van ’n gevaarlike magspel waarby hy glad nie betrokke wou wees nie.