EPHRAIM GORDON

Warren

Ephraim Gordon het sy BA-graad in Teater en Toneel in 2009 aan UCT verwerf. Hy is benoem vir ’n Fleur du Cap-toekenning vir Mees Belowende Student aan die einde van dieselfde jaar. In 2010 het hy die Brett Goldin Memorial-trofee by UCT ontvang. Hy het saam met Magnet Theatre gewerk en was ook een van die tien finaliste in die televisieprogram, Class Act.

TOEKENNINGS:

2009 Fleur du Cap-nominasie vir Mees Belowende Student
2010 Brett Goldin Memorial-trofee van UCT
2010 kykNET Fiësta vir Opkomende Kunstenaar

’n Bietjie meer oor sy karakter:

Warren is die charismatiese en opportunistiese plaaslike losbol, wat betrokke raak by Randal se afpersingskomplot, maar nie voorbereid is vir wanneer dinge begin skeefloop nie.