HANLÉ BARNARD

Mathilda De La Rey

Hanlé Barnard het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer waar sy haar Opvoedingsdiploma onder leiding van onder meer Geoffrey Hyland en Mark Fleishman voltooi het. Sy het ’n groot liefde vir toneelspel en het rolle soos Hamlet in Hamlet vertolk. Hanlé het ’n eenvrouvertoning in Kanada, Australië en Suid-Afrika gehad en het saam met die Kanadese regisseurs David Rotenberg en Nina Aresenault gewerk. Sy het Fleur de Cap- en Dalro-toekennings as Beste Aktrise losgeslaan. Hanlé het Antigone in Antigone uitgebeeld, onder leiding van die Britse regisseur Sean Mathias by die Baxter en het saam met Suid-Afrikaanse teaterregisseurs soos Fred Abrahamse gewerk. Sy het aan internasionale projekte The Prisoner en Charlie Jade gewerk en is ook werksaam as ’n skrywer, sanger en violis. Sy het onlangs verskyn in Modder en Bloed met regie deur Sean Else, Land van Skedels deur Nicola Hanekom (waarvoor sy ’n Fiësta-nominasie ontvang het), Monster vir kykNET deur Stafford Robinson, Boland Moorde onder leiding van Jaco Bouwer, Meerkat Maantuig onder regie van Hanneke Schutte en die televisiereeks Danz vir kykNET. Sy is ook ’n gesogte stemkunstenaar, werk aan ZANEWS en is deel van die elektro duo Electric Corvette.