IRSHAAD ALLY

Randal Hendricks

Irshaad Ally is ’n Suid-Afrikaanse akteur wat bekendheid verwerf het as ’n deelnemer aan die tweede seisoen van die realiteitsreeks, Survivor South Africa. Hy het op die Kaapse Vlaktes grootgeword en moeilike tienerjare beleef: hy het nooit skool klaargemaak nie, het betrokke geraak by die verkeerde mense, het dwelms gebruik en is gearresteer.

Hierna het hy besluit om sy lewe om te draai en het sedertdien in verskeie televisiereeks verskyn, waaronder eKasi: Our Stories, When We Were Black, Homeland en Strike Back. Sy eerste hoofrol in ’n fliek was in Four Corners en daarna as Randal Hendricks in die SAFTA-bekrooonde kortfilm, Nommer 37.

In 2015 het hy ook ’n rol losgeslaan op die kykNET-sepie, Suidooster, wat in die fiksionele buurt, Ruiterbosch, in die Kaap afspeel.

’n Bietjie meer oor sy karakter:

Randal Hendricks is ’n verbitterde parapleeg wat probeer om die gevaarlike dwelmbaas, wat die inwoners van sy woonstelblok Haven Mansions terroriseer, af te pers om geld te kry om sy skuld by ’n sadistiese geldskieter af te betaal.