LEA VIVIER

Waitress

Sy’s ooglopend verliefraakbaar, want sy’s ooglopend ontembaar. Haar gunstelingband sou jy nog nie van gehoor het nie, haar gunsteling tydperk is een voor selfone. Haar siel voel oud en dis haar oë wat dit verklap.

Waitress is op soek na groener weivelde en is besig om die pad oorsee aan te pak. Sy gaan iewers Engels gee – maar dis nie dat sy weghardloop nie.

Verál nie van haar verlede nie. Vroeg ryp, vroeg rebels, en een te veel gebroke harte wat in die skrapnel van laat aande en windverwaaide verantwoordelikheid lê. Op haar laaste aand in die land ontmoet sy vir Pieter op die laagtepunt van sy lewe, en haar ontferming oor sy toestand toets haar beterwete.

En nee, sy het nie ’n naam nie.