LUKE JANSEN

Spook

Luke speel al toneel vandat hy ’n kind is. Onder die leiding van Theresa Sedras het hy meer oor die fyner nuanses van toneelspel geleer. Sy het hom gehelp om karakters te skep met verskillende lae van kompleksiteit. Hy het die vermoë om selfs die kleinste karakter lewe te gee met sy toneelspel.

Die akteur het klein rolle in verskeie televisie- en fliekprojekte gehad, waaronder Noem My Skollie, Suidooster, Montana, The Brothers Grimsby, City of Violence en meer.

Wanneer hy nie voor die kamera is of vir rolle oudisie nie, sal jy hom kry waar hy sy vermoë om te jok, mislei en om mense te lees opskerp om die een of ander pokertafel.

’n Bietjie meer oor sy karakter:

Spook is Lawyer se stil, geheimsinnige regterhand en word ’n sleutelkarakter in Lawyer se ondersoek om uit te vind wie besig is om hom af te pers.