LYNELLE KENNED

Katrien

Sy sien besonders baie uit vir die soetsappigheid om klaar te kry. En dis jammer dat sy ‘n rok moet dra terwyl dit gebeur. Die liefde is vir haar nog altyd ’n illusie, nie dat sy dit wil ontneem van enigiemand nie. Hoekom Lindie en Bruid stry gekry het gaan haar verstand te bowe, mens sorteer dit mos uit soos grootmense? Gelukkig is daar sjampanje om die druk van die dag te demp. Want hierdie cleavage voel darem bietjie erg.