MARVIN-LEE BEUKES

Warren

Hy’s altyd by die partytjie. Maar hy moet jou altyd daarvan herhinner. Wanneer jy hom wel raaksien is dit oor hy een of ander wysheid kwytraak, en jou dan sommer laat besin oor jou bestaan. Hy’t lankal vrede gemaak met ’n eensame lewe. Dis die normaalste ding in die wêreld, jy sien. Alles kom op die ou-end neer op papierwerk, en wie het nou eintlik tyd daarvoor?