Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

MONIQUE ROCKMAN

Pam Ismael

Monique Rockman is ’n nuwe gesig in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf, aangesien sy die begin van haar loopbaan meestal op die verhoog spandeer het. Sy het die rol van Pam gekry nadat sy  oudisie gedoen het vir ander kleiner rolle in die film en raakgesien is vir die hoofrol.

Sy is ’n kenner op die gebied van Shakespeare en het ook kleiner rolle in ander plaaslike flieks, soos Ellen, die storie van Ellen Pakkies (7 September 2018) en Tussen As en Hoop gehad.

Nommer 37 is Monique se eerste hoofrol in ’n vollengte speelfilm.

’n Bietjie meer oor haar karakter:

Pam Ismael is Randal se toegewyde meisie wat na hom omsien nadat hy die gebruik van sy bene verloor. Wanneer sy vir hom ’n verkyker gee, word sy onwillig betrek by ’n afpersingskomplot wat haar en Randal se lewens in gevaar stel.