PIERRE VAN PLETZEN

Oupa

Pierre van Pletzen is werksaam in die vermaaklikheidsindustrie sedert hy sy BA Drama-graad in 1972 verwerf het en is vanaf 1973 ’n professionale akteur, regisseur, skrywer, kuns regisseur, stemkunstenaar, kopieskrywer en vertaler. Oor die afgelope 44 jaar, het hy rolle vertolk in meer as 110 teaterproduksies, insluitend 35 hoofrolle en het hy verskeie toekennings en nominasies as beste akteur onvang. Hy het ook meer as 50 teaterstukke en musiekblyspele  se regie behartig en het 25 van hulle geskryf en vertaal. Pierre het die regie van meer as 750 episodes van die sepie 7de Laan behartig asook verskeie TV-advertensies, sitkoms, musiekvideo’s en het ook verskeie TV reekse soos Fishy Fêshions geskryf. Pierre het bekendheid in die film- en televisie-industrie verwerf in projekte soos The Gods must be Crazy II, Sterk Skemer, Orkney Snork Nie, The Hiding of Black Bill, Taxi to Soweto, Panic Mechanic and 7de Laan. Hy het in 2016 vryskutwerk begin doen en het hoofrolle vertolk in die kort en vollengte films Oom, Madiba, PHIL101, MOMO (the Making of the Making of) en Meerkat Maantuig.

KYK DIE KARAKTER VIDEO HIER: