Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

SANDI SCHULTZ

Speurder Gail February

Sandi Schultz is ’n Suid-Afrikaanse aktrise wat bekend is vir haar rol as Dr. Jennifer Adams in die Afrikaanse sepie, Binnelanders, op kykNET.

Schultz was een van die hoofrolspelers in die dramareeks, Honey Town, en was vir twee jaar ’n aabieder op M-Net.

Sy was gereeld te sien in die televisiereeks, City Of Angels, en het ’n gasrol gehad in die polisiedramareeks, NYPD Blue.

Sy het ook rolle gehad in die aanvangsepisodes van televisiereekse soos Drumbeats, Two Hearts City and Odd Man In.

’n Bietjie meer oor haar karakter:

Speurder Gail February begin as ’n hoopvolle polisievrou, wat glo in die wit- en swart-aard van die wet, en is vasbeslote om haar vermiste kollega op te spoor wat laas in Haven Mansions, Randal se woonstelblok, gesien is.