SIMONÉ NORTMANN

Lindie

Sy sou mooi wees as sy nie so kwaai was nie. Of wag, sy’s nogsteeds mooi. Maar make-up is belangrik. Sy leef ’n vurige bestaan om seker te maak sy hou meeste mense op ’n afstand. Snaaks hoe Ruan die enigste een is wat dit met haar uithou. (Nie dat sy vir enigiemand gaan verander nie.) Haar intuïsie is selde verkeerd, en met emosies so duidelik op haar mou het dit haar al vele verhoudings gekos. En vir vanaand, selfs die titel van strooimeisie.