STIAAN SMITH

Ruan

Hy’s net hier vir ’n lekker tyd. Maar almal moet ’n lekker tyd hê. Ruan is regtig lief vir Lindie – dis wat almal sê as hulle skinder oor die twee se bakleiery. Die oomblik wat hy dink hy’t haar getem gekry sê hy alweer iets verkeerd. Maar hy’s lief vir haar, belowe. En hy’t al geleer hy mag nie die woord ‘irrasioneel’ voor haar gebruik nie. Hy’s oud genoeg om te leer uit die klappe wat die lewe hom gedeel het, so dis belangrik dat mense dinge nie té ernstig opneem nie. Want sien, hy wil ook eendag trou, net nie nou nie.